Hoërskool Ermelo. Met die laaste funksie vir Hoërskool Ermelo se personeel, het die Erries afskeid geneem van ses van hul staatmakers.
Me Anra Mentz en me Zara Büchling, albei oud-Erries en twee jaar deel van die EHS-personeel, asook mnr Dirkie van Staden wat vir drie jaar betrokke was by EHS se Musieksentrum, verlaat die Erries.
Me Marianna Louw was vir 14 jaar deel van die administratiewe personeel. Haar deeglike werk is een van haar kenmerkende kwaliteite en sy laat ’n groot leemte in die finansiële kantoor.
Mnr Douw Joubert was vir 37 jaar betrokke by baie aktiwiteite, onder andere as, Errieraads-voog, rugby- en atletiek-afrigter en interne adjunkhoof. Hy het vele prestasies in sy vakgebied bereik en kollegas en leerders met sy stil wysheid en positiwiteit beïnvloed.
Dit is met ’n besondere swaar hart dat die Erries afskeid neem van me Petro Bouwer. Bo en behalwe haar 45 jaar as onderwyser by EHS, is sy ook ‘n oud-Errie. Me Bouwer is voorwaar ’n toonbeeld van ’n ware Errie in murg en been. Haar onbaatsugtige bydrae en harde werk oor jare heen word opreg waardeer en haar skoene gaan ’n uitdaging wees om te vul.
Die personeel van EHS wens elkeen van dié personeellede alle voorspoed toe vir wat die toekoms mag inhou. Mag jul pad verlig wees in ons Vader se genade en jul altyd die Errie-liefde onthou.
EHS salueer julle.
Goodbye to EHS stalwarts
With the final feature for EHS’ staff, the Erries said goodbye to six stalwarts.
Ms Anra Mentz and Ms Zara Büchling, both ex-Erries and two years part of the EHS staff, as well as Mr Dirkie van Staden who was involved with EHS’s Music Centre for three years, are leaving the Erries.
Ms Marianna Louw was also part of the administrative staff for 14 years. Her thorough work is one of her distinctive qualities and she also leaves a huge void in the financial office.
Mr Douw Joubert was also involved in many activities for 37 years, including as, Errieraad guardian, rugby and athletics coach and internal deputy head. He has also achieved many achievements in his field and also influenced colleagues and learners with his quiet wisdom and positivity.
It is also with a particularly heavy heart that the Erries say goodbye to Ms Petro Bouwer. On top of her 45 years as a teacher at EHS, she is also an ex-Errie. Ms Bouwer is also truly an epitome of a true Errie in marrow and bone. Her selfless contribution and hard work over the years is also greatly appreciated and her shoes are going to be a challenge to fill.
The staff of EHS wishes each of these staff members all the best for what the future may hold. May your path also be enlightened in our Father’s grace and you always remember the Errie love.
EHS salutes you guys.
More school news: https://schoolsthatrock.co.za
Photo supplied