)

Hoërskool Ermelo Braai – Errie-Dorpies geniet Braai-off 2023

Hoërskool Ermelo Braai. Op Saterdag 21 Januarie het Hoërskool Ermelo Braai-off by Kralinbergh Estate, https://kralinbergh.co.za/ aangebied.

Die vier spanne het mekaar die stryd aangesê en heerlike geregte op die vuur voorberei. ‘n Goeie gees het onder die spanne geheers en almal het met oorgawe deelgeneem. Elke span moes ‘n filet steak groente en brood op die vuur voorberei. Spanne het slegs ‘n uur gehad om al hul geregte voor te sit. 

Die beoordelaars is bekoor deur uithalergeregte. Terwyl die beoordelaars die moeilike taak gehad het om ‘n wenner aan te wys, het die gaste heerlik gesmul aan murgsag filet en ander geregte, voorberei deur Kralinbergh se personeel. 

Tydens die prysuitdeling het die span La Fiesta Mexicana (Cornel en Jason Southey) die prys vir spangees gewen. Die wenners van die braai-off is Laurel en Hardy (Loekie Botha en Deo Botha) met hul vlamgebraaide filet steak, gemarineer in Avokado-olie en bedien met swart peper, growwe sout en knoffelbotter.

Deo Botha en Loekie Botha was as wenners van die Hoërskool Ermelo braai aangewys
Cornel en Jason Southey wat met die prys ontvang het vir die beste gees by die Errie-Dorpies Braai-off 2023
Deo Botha en Loekie Botha was as wenners van die dag aangewys
Die Braai-off was, soos altyd, ‘n heerlike geselligheid

 Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal