Hoërskool Ermelo Braai. Op Saterdag 21 Januarie het Hoërskool Ermelo Braai-off by Kralinbergh Estate, https://kralinbergh.co.za/ aangebied.
Die vier spanne het mekaar die stryd aangesê en heerlike geregte op die vuur voorberei. ‘n Goeie gees het onder die spanne geheers en almal het met oorgawe deelgeneem. Elke span moes ‘n filet steak groente en brood op die vuur voorberei. Spanne het slegs ‘n uur gehad om al hul geregte voor te sit.
Die beoordelaars is bekoor deur uithalergeregte. Terwyl die beoordelaars die moeilike taak gehad het om ‘n wenner aan te wys, het die gaste heerlik gesmul aan murgsag filet en ander geregte, voorberei deur Kralinbergh se personeel.
Tydens die prysuitdeling het die span La Fiesta Mexicana (Cornel en Jason Southey) die prys vir spangees gewen. Die wenners van die braai-off is Laurel en Hardy (Loekie Botha en Deo Botha) met hul vlamgebraaide filet steak, gemarineer in Avokado-olie en bedien met swart peper, growwe sout en knoffelbotter.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf