Hoërskool Eldoraigne se rugby is in baie goeie hande!
Ons stel graag aan julle bekend, die Leeus se spesialis voorspeler-afrigter, Dustin Hoffmann wat by ons aangesluit het. Dustin sal in 2021 die 0/14-span afrig en ook sy insette lewer by die ander spanne as spesialis-afrigter. Met sy ondervinding glo ons hy gaan ñ groot impak maak.
Dan ook soos al voorheen aangekondig is Wynand Olivier ons rugbykonsultant. Hy gaan sy rugbyvernuf met ons afrigters, spelers en laerskoolspelers deel.
Tesame met ons rugbydirekteur, mnr. Jacques le Roux, wat ñ oud-Luiperdsspeler en Blou Bulle Sewesspeler is, gaan ons Eldo-rugby net voortbou op ñ ryke tradisie.
Voornemende graad 8’s van 2021 kan Dustin kontak by: dustin.hoffman@rhinorugby.co.za of mnr. Le Roux by: lerouxj@hseldo.co.za. Al die oefentye wat binnekort afskop sal binnekort aan julle deurgegee word.