Veertien spanne het Saterdag, 17 Maart 2018, gebak en gebrou om die titel van die Drierie
Supersjefs te verower. Die spanne, wat elk bestaan het uit een onderwyser en drie leerders, moes nie net
‘n driegangmaaltyd voorberei vir hul gaste nie, maar hulle moes ook ? tafel dek en versier. Die beoordelaars was me. H. van der Westhuizen, me. A. van der Merwe en me. J. Skelton. Die beoordelaars het voorwaar ? uitdagende taak gehad om die wenners in die verskeie kategorieë te identifiseer, aangesien al die spanne die tema: Van Kaapstad na Parys” voorwaar uitgeleef het. Me. Skelton, een van die beoordelaars, is self ‘n voormalige wenner van die kompetisie in 2015 en 2016.
Op die ou einde was dit me. R. Niemand en haar span, “CHOP IT LIKE IT’S HOT” wat met die louere en die kontantprys van R1000 per spanlid, weggestap het. Haar span het ook die pryse vir die beste nagereg en beste spannaam gewen. Die tweede prys het aan “LEMON2” gegaan en die “incrEDIBLES” moes tevrede wees met derde plek. Lisa Khuse is verder aangewys as die Beste Sjef.
Die organiseerders wil graag die borge van die dag bedank, in besonder Four Way Spar wat vir die derde agtereenvolgende jaar die dag se bestanddele geborg het. Die ander borge sluit in Domino’s Pizza, Lord’s Signature Hotel, Life Stationers, Amysa Staioners, Porky’s Biltong Deli, Take 5, Drie Riviere Vleismark en Drie Riviere Spur. Die genoemde borge, sowel as me. J. van Aswegen se toevoegings het tot die sukses van die kompetisie bygedra.