Surika Struwig en Walter van der Walt, beide graad 8-leerders van HoĆ«rskool Ermelo, het dieĀ naweek van 13 ā 15 April 2018 aan die tweede SANESA kwalifiserende rondte van Mpumalanga-perdry gaan deelneem te Badplaas. Albei hierdie Erries het hul uitstekend van hul taak gekwyt.
Surika behaal die volgende plekke met haar perd Midas Touch Jedi: eersteplekke in Working Riding (Vlak 5), Medium Dresseer 2 en Medium Dresseer 3. Sy behaal ook twee tweede plekke, albei in Pric Caprilli (Vlak 1) en een derde plek in Performance Riding (Vlak 5).
Walter behaal twee eerste plekke; onderskeidelik in 1m Handy Hunter-klas en in 1m kompetisie-klas. Walter verower ook ān tweede plek in die 1.10m kompetisie-klas.
Baie geluk aan beide hierdie Erries wat hul altyd baie goed van hul taak kwyt. EHS is trots op julle!
Foto heel bo:Ā Walter van der Walt
Foto onder: Surika Struwig