Ryan en Ettienne van der Westhuizen het aan die begin van Februarie aan Bellville Gholfklub se jaarlikse klub-kompetisie deelgeneem. Die kompetisie het oor twee naweke geskied.
Ryan het die B-afdeling in sy ouderdomsgroep gewen.
Ettienne het ‘n vierde posisie beklink. Baie geluk! DF is trots op julle!