Die DF-blaasorkes het pas van ‘n baie suksesvolle toer na hul gasheerskool, die Musikschule Hünstetten-Taunusstein in Duisland, teruggekeer.
Laasgenoemde gaan DF Malan weer (27 September tot 4 Oktober) vir ‘n musikale uitruil ervaring besoek! Opwindende gratis orkeskonserte vind Sondag 29 September (16:00) en Dinsdag 1 Oktober (19:00) in die Aktiwiteitsentrum plaas.
Moenie die kans laat verbygaan om na ‘n hele paar indrukwekkende blaasorkeste te kom luister nie!