)

Hoërskool De Aar woon Bemagtigingseminaar by

Vyf onderwysers van HSDA asook die skoolhoof, mnr Johan Koen, het van 24 tot 26 Augustus 2017 ʼn werkswinkel vir skoolbesture by die Nelson Mandela Universiteit in Port Elizabeth bygewoon. Die propvol program het klem gelê op verskeie noodsaaklike aspekte van veral ʼn leierspan in ʼn skool. Die SAOU-aanbieders het hul baie goed van hul taak gekwyt en seker gemaak dat die gehoor genoeg pitkos bymekaarmaak om na  hul skole terug te neem.

Gedurende Donderdag se aanbiedinge hetdie paneel aandag geskenk aan die uitvoerende bestuur van ʼn skool. Onderwerpe soos: hoe om  ʼn skool strategies te posisioneer, die optimale samestelling en benutting van die skoolbestuur, beheerliggame, Godsdiensbeoefening, die x-faktor in skole en vele ander onderwerpe is aangeraak.

Vrydagoggend is daar na die finansiële bestuur van ʼn skool verwys. Verskeie wette en beleide asook die pligte en groot verantwoordelikheid wat daarmee gepaard gaan, is bespreek. Gedurende dienamiddag is kurrikulumbestuur vir Hoërskole behandel. Onderwysers het gedurende die sessie aan gespreksessies deelgeneem waar verskeie knelpunte uitgelig is.

Saterdagoggend is daar aandag geskenk aan menslike hulpbronbestuur. Wettiese aspekte asook beleide rakende verlof, indiensneming, diensvoorwaardes en die pligte van ʼn onderwyser is bespreek. Die sprekers het ook verwys na personeeldissipline, -bemagtiging, unies, billike en gelyke hantering van personeel asook professionele optrede in die werksplek. Die sprekers het ook tussendeur die aanbiedings video-uittreksels  gespeel en so humor gegee aan ernstige onderwerpe. Daar is gereeld verwys na slaggate waarin onderwysers soms onbewustelik trap asook na voorbeelde van stelsels / sisteme wat in skole werk.

HSDA se personeel was dit eens dat hul, na hierdie werkswinkel, beslis deel van die voorlopers is en selfs met ander skole van hul stelsels kan deel. Hier is beslis ʼn wenspan, ʼn wenspan wat ook die volgende gedagte deel: “I want to inspire people. I want people tol ook at me and say: Because of you I did not give up!”

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal