Op 15 Januarie het die nuwe graad 8 groep, senuagtig maar opgewonde by HSDA se hekke ingestap.
Die eerste twee dae het hulle ʼn program gevolg, wat deur die Seniorraad gelei is. Gedurende dié tyd het hulle die skool beter leer ken en ook van HSDA se trotse tradisies geleer.
Vrydagaand, 17 Januarie, het die graad 8’s ʼn deurnag gehad. Die deurnag het om 19:00 begin met ʼn lofsing deur Wian Vos gelei. Dit was ʼn aand vol speletjies en ʼn spooktoer deur die skool waar die gr 8’s kennis gemaak het met “die mantel”. Die aand is afgesluit met ʼn uitstappie na die koppie. Die graad 8’s het die koppie geklim en die sonsopkoms van bo aanskou.