[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.17.2″]
HSDA se eerste krieketspan het Saterdag, 13 Oktober, in Hopetown teen Hoërskool Hopetown en Hoërskool Steynville gespeel.
In die eerste wedstryd het Hoërskool Hopetown gekolf en ‘n totaal van 121 lopies aangeteken. HSDA het hulle 20 beurte voluit gekolf, maar kon ongelukkig nie Hopetown se lopies verbysteek nie.
Die tweede wedstryd teen Hoërskool Steynville het beter gegaan. HSDA het met goeie veld- en boulwerk die span uitgeboul vir 88 lopies.
HSDA se kolfwerk was baie goed. Daniël du Toit en Christiaan Kolesky het ‘n 69-lopie vennootskap aangeteken om die span ‘n oorwinning van nege paaltjies teenoor Hoërskool Steynville te verseker.
HSDA is baie trots op die seuns!
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]