[et_pb_section admin_label=”section”][et_pb_row admin_label=”row”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text admin_label=”Text”]
HSDA eerste hokkiespan saam met hul afrigter Me. Visagie Die eerstespan wen hul streeksliga.
[/et_pb_text][et_pb_image admin_label=”Image” src=”http://northerncape.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/09/Charlene-Visser.jpg” alt=”Charlene Visser is in aksie tydens hul 4-0 wensage teen Hoërskool Kathu” title_text=”Charlene Visser is in aksie tydens hul 4-0 wensage teen Hoërskool Kathu” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” animation=”off” sticky=”off” align=”left” force_fullwidth=”off” always_center_on_mobile=”on” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”] [/et_pb_image][et_pb_text admin_label=”Text” background_layout=”light” text_orientation=”left” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”]
Charlene Visser is in aksie tydens hul 4-0 wensage teen Hoërskool Kathu
[/et_pb_text][et_pb_text admin_label=”Text” background_layout=”light” text_orientation=”left” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”]
Op 27 en 28 Julie 2017 het drie van HSDA se hokkiespanne in Upington aan die Noord-Kaap Platteland Toernooi deelgeneem. Die spanne moes hul roes van ʼn lang vakansie afskud en hul staal wys. Daar was behoorlik kookwater hokkie gespeel deur die sewentien spanne wat deelgeneem het.
Derde span
Donderdag het die 0.17 hokkiespan van HSDA twee wedstryde teen H/skool Duineveld se 0.14 en 0.16-spanne gespeel. Dit was baie harde wedstryde en De Aar kon nie daarin slaag om te wen nie. Vrydag het hulle teen Hoërskool Upington se 0.14 A – span baie goed verdedig. Die telling was een elk tot in die laaste minuut, maar Hskool Upington slaag daarin om nog ʼn doel in die doodsnikke van die wedstryd aan te teken.
Die 0.17-span sluit hul seisoen op ʼn hoë noot af, deur 1-0 teen Hskool Martin Oosthuizen te wen. Hierdie span slaag daarin om eerste in ons streeksliga te eindig.
Tweedespan
Die tweedespan het oor die loop van die twee dae vier wedstryde gespeel. Donderdag het ons teen Hoërskool Duineveld se .16A-span en tweedespan kragte gemeet. Albei wedstryde was hard gewees. Ons verloor egter teen die 0.16 A-span, maar slaag daarin om die tweedespan te wen. Vrydag het ons die dag teen Hoërskool Upington se 0.16-span afgeskop. Ons speel gelykop. Die laaste wedstryd was teen H/skool Martin Oosthuizen en weer gelykop te eindig. Die tweedespan behaal ʼn algehele tweede plek tydens die grastoernooi en slaag daarin om die streekliga te wen.\
HSDA se eerstespan
het nie kans gekry om op hul louere te rus nie en moes Donderdag die gedugte span van Hoërskool Duineveld aanvat. HSDA speel ʼn wipplankwedstryd en verloor naelskraps 2-1. Vrydagoggend word die bordjies verhang toe HSDA teen Hoërskool Martin Oosthuizen speel en hul 1-0 wen. Die span verras die toeskouers met hul spelvernuf teen Hskool Upington. Hul verdedig, tot frustrasie van opponente, baie goed. HSDA moes die knie buig met 1-0. Die laaste wedstryd teen Hskool Kathu was ook deel van ʼn liga-wedstryd en moes HSDA se spelers met hul moeë liggame seker maak hul wed die wedstryd. HSDA speel ʼn uitmuntende wedstryd, veral gedurende die tweede helfte. Hul wen oortuigend 4-0. Die eerstespan wen hul streeksliga.
Baie geluk aan al die spanne wat vanjaar as ware wenners uit die stryd getree het.
Dankie ook aan Mnr. Visser, Me. E. Human en Green Door gastehuis wat die hokkie deur die jaar finansieel ondersteun het.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]