CHS het verlede Saterdag met ses netbalspanne op hul tuisbaan teen Volkskool gespeel. Volkskool het ‘n uitstekende seisoen beleef en baie van die skole in die omgewing baie ver gewen. CHS se Eerstespan het aanvanklik baie swak begin en reeds 12 – 3 agtergeloop na die eerste kwart. Daarna het hulle egter baie beter begin speel en verloor die tweede kwart met 9 – 6 en die derde kwart met 6 – 4. Hulle kon daarin slaag om die vierde kwart gelykop met 4 doele elk te laat eindig. Die swak begin het egter Volkskool se uiteindelike oorwinning van 31 – 17 bepaal.
Die o.19B- en 0.16A-spanne het met onderskeidelik 17 – 11 en 15 -14 verloor. Beide spanne het heeltemal te vinnig probeer speel en in die proses talle balle weggegooi.
Die o.16B’s het 14 – 7 gewen, terwyl die o.14A’s hulle goeie seisoen voortgesit het. Hulle wen met 11 – 9. Die o.14B-span het met 18 – 9 gewen.
Op die foto bo:
v.l.n.r Andrea Felix, Andiswa Futuse, Houghlynne Swarts, Sisanda Zenzile, Chamrine Booysen. Hierdie vier netbalspelers van CHS het gedurende die Julie-vakansie die Oos-Kaap in netbal verteenwoordig. Andrea, Andiswa, Houghlynne en Sisanda het aan die All Ages Toernooi in Boksburg deelgeneem, terwyl Chamrine aan die Winter Games in Durban deelgeneem het.
Become a Sponsor