Met die jaarlikse interskole kragmeting wat enkele weke weg is, het Hoërskool Cradock se eerste rugbyspan ‘n tradisie voortgesit wat reeds jare lank beoefen word.
Die eerste rugbyspan van CHS is bekroon met hul eerstespanpette in ‘n seremonie wat spesiaal is vir beide die spelers sowel as die afrigters.
Hierdie pette word breëbors gedra tydens die interskole kragmeting teen Gill College, wat hierdie jaar te Somerset-Oos plaasvind. Die gemeenskap van Cradock word genooi om te deel in die trots wat die Kwaggas met hul saamdra en die spelers van die verskeie sportsoorte op 11 en 12 Augustus te ondersteun in hul stryd om weer vanjaar koning te kraai tydens interskole.
Op die foto heel bo:
Die afrigters van CHS se eerste rugbyspan oorhandig die eerstespanpette aan kaptein Siya Caku-Caku (middel regs) en onderkaptein Buhle September (middel links). Afrigters is JR Foreman (regs) en ds. Jan Grobelaar (links)
Become a Sponsor