Vyf netbalspanne van CHS het op 28 Julie teen Hoër Landbouskool Winterberg op Fort Beaufort kragte gemeet.In die hoofwedstryd van die dag het CHS se eerstespan Winterberg met 37 – 19 geklop. Na ‘n goeie begin het CHS na die eerste kwart met 10 – 5 gelei. Daarna is nog ‘n goeie kwart gespeel om die rustydtelling 17 – 10 te maak. CHS het na die derde kwart ‘n voorsprong van 26 – 13 gehad. Die goeie oorwinning was ‘n ware spanpoging en die span het uitstekende netbal teen ‘n vinnige tempo gespeel.
Die o/16- en o/14A spanne is steeds onoorwonne. Die o/16A-span het ‘n gerieflike oorwinning van 30 – 9 behaal. Die o/16B’s was ook heeltemal te sterk vir hul opponente en het met 28 – 3 geseëvier. Die o.14A’s het met 20 – 7 gewen.