Lariska Rossouw
Hoërskool Cradock lewer elke jaar skrywers op wat presteer en wie se skryfstukke, prosa en poësie, opgeneem en gepubliseer word in “Die Poort” nasionale uitgawe. Hierdie jaar is dit die beurt van ‘n graad 12 leerder, Lariska Rossouw. Haar pragtige gedig, “ek vra jou, sal jy?” Is gekies onder die poësie afdeling.
CHS is baie trots op jou, Lariska! Hou aan skryf, dalk is jy ons volgende Ingrid Jonker!