Hoërskool Burgersdorp het op 1 September Mnr Moolman Olivier verwelkom by hul skool.
Volgens Mnr Olivier is die strukture en sisteme wat met die jare ingestel is, enige nuweling rustig en geborge laat voel. “Die spreekwoord sê dat goeie leiers hulle met sterk persone omring. Hoe gelukkig kan ‘n hoof wees om met sulke bekwame onderwysers af te skop.”
“Die belangrikste uitgangspunt vir my gaan wees ‘wat gaan ek vir Hoërskool Burgersdorp doen?’ en nie ‘wat gaan Hoërskool Burgersdorp vir my doen nie.’ ”