Hoërskool Brackenfell Sportdag. Hoërskool Bredasdorp se sportspanne het Saterdag, 19 Maart aan die Hoërskool Brackenfell Sportdag deelgeneem.
Dit was ‘n Suksesvolle dag in die warm son. Dit was goeie oefening vir elke span, veral vir die spanne wat gedurende die vakansie gaan toer.
Die volgende uitslae is behaal:
HOKKIE:
- Meisies – 0/19A: verloor 0-2 teen Melkbosstrand
- Meisies 0/16A verloor 0-1 teen Curro Durbanville
- Seuns 0/19A wen 4-1 teen Hopefield. Doele aangeteken deur:- Joshua Swart, AJ Basson (2) en Zandré Le Sueur
- Seuns 0/16A wen 4-1 teen Dirkie Uys. Doele aangeteken deur:- Marcel Mataga (2), Ayakha Stofile, en Lohan Olkers
NETBAL:
- 0/14A – wen Curro 16-4
- O/15A – verloor Hottentots Holland Hoërskool 9-10
- O/15A wen Curro 0/16A 13-8, Wen Bosmansdam 18-0
- 0/16A verloor teen Brackenfell 6-17
- 0/19 A wen Hopefield 14 – 9. Verloor teen Paarl Gimnasium A 11 – 20. Wen teen Drostdy B 16 – 6
RUGBY:
- 0/19A – verloor 6-10 teen Melkbosstrand. Brian Vermeulen en Roualdo Willemse teken elkeen 3 punte aan.
- O/16A – 12 elk gelykop teen Hoërskool Milnerton. Fotune Goni en Cohen Dyers druk elkeen ‘n drie. J.P. Murtz verdoel een van die twee drieë.
- O/15A – wen 25-21 teen Hoërskool Milnerton. Junaid Stuart druk 2 drieë en Chris-Jan Smit druk 1 drie. Junaid verdoel 2 drieë en skop 2 strafskoppe oor.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za