Hoërskool Brackenfell se skuts het die afgelope Saterdag aan ‘n skyfskiet-kompetisie by die Belhar Sport Sentrum deelgeneem en het 22 medaljes huistoe gebring.
Die Brakkie-skuts het in die volgende onderskeie groepe uitstekend presteer:
• in die o.21 Sporter klas,
• in die o.16 Sporter klas,
• in die o.16 Veer klas (Déan Strauss het hierin eerste plek behaal),
• in die o.14 Net lê klas en in die o.21 Pistool klas (Stephan Fourie het hierin eerste plek behaal).
• Karin Fourie het in die o.14 Pistool klas eerste plek behaal. Sy skiet ook ‘n telling wat gelykstaande is aan die huidige SA-rekord. Ses van die
Hoërskool Brackenfell se skuts kwalifiseer ook reeds vir Wes-Kaap Kleure.
Baie geluk aan al die skuts met jul puik prestasies. Brakkies is supertrots op julle!
Foto: Agter vlnr: Charlene Higgo, Louw Trotzky, Nicky-Leeze De Wet en Stephan Fourie.
Voor vlnr: Zak Muller, Déan Strauss, Janke Janse Van Rensburg en Karin Fourie.