Hoërskool Brackenfell is baie trots op hulle leerders wat aan die Poort-skryfkompetisie 2019 deelgeneem het.
Die volgende leerders se skryfwerk is gekies om in die Nasionale Poort-bundel vir 2019 te verskyn:
Poësie: Enrique de Villiers, Lize Smit en Marinél du Preez.
Prosa: Chervaque Oosthuizen en Sinead Jacobs. Baie geluk aan hierdie talentvolle leerders.
Foto vlnr: Chervaque Oosthuizen, Lize Smit, mev. A Laubscher (Afrikaans Huistaal Opvoeder), Enrique de Villiers, Sinead Jacobs en Marinél du Preez