Nicky-Leeze de Wet, ‘n graad 12-leerder van Hoërskool Brackenfell, is ingesluit in die SA skolespan vir skyfskiet om in Engeland deel te neem.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskuttersunie (SANSSU) Toerspan vertrek op 31 Julie na Engeland waar die span vanaf 5 – 8 Augustus aan die British Junior International kompetisie gaan deelneem.
Brackenfell is baie trots op Nicky-Leeze en wens haar voorspoed toe met haar deelname in die kompetisie.