Marx Meyer en sy trotse Pa, Mnr Meyer.
Marx Meyer, Graad 11-leerder van die Hoërskool Brackenfell, is aangewys as die wenner van die Wes-Kaap Provinsie Sport Konfederasie se Skole Sportman van 2019. Marx het teen al die wenners in hierdie kategorie van die Wes-Kaap Distriksrade meegeding, naamlik: Eden, Cape Winelands, Central Karoo, West Coast en Overberg. Marx het in Julie hierdie kategorie vir die Kaapstad Distrik Sportsraad verteenwoordig en gewen.
Baie geluk aan Marx Meyer. Brakkies is baie trots op jou!