Ses van Hoërskool Bastion se seuns het na die skool se rugby seisoen by Wits se rugby aangesluit.
As deel van die 0/19-span het die span tot by die uitspeelrondtes van die Pirates Groot Liga Uitnodigingsreeks gevorder, waar hulle vasgeval het teen UJ se span.
“Elke speler het regtig ‘n goeie indruk gemaak tydens die reeks, en die senior afrigters van die toernooi was baie beïndruk met Bastion se spelers,” het Mnr Daniel Scholtz, afrigter van die Wits 0/19-span, asook afrigter en onderwyser by Hoërskool Bastion.
Jose Dias en Rodney Robinson is na die toernooi gekies vir die Wits 7s span. Beide die seuns beplan om by Wits verder te studeer in 2018 en is deel van hulle Young Guns groep.
“Ek is baie trots op hierdie groep seuns. Hulle het regtig goeie rugby gespeel, en mens kon sien dat hulle hierdie uitdaging geniet het. Vir my was dit lekker om te sien hoe hierdie seun gegroei het deur die jaar en veral om te sien hoe hulle klub rugby se tempo ervaar” sê Mnr Scholtz.
Bastion se spelers in die 0/19-Wits span, afgerig deur Mnr Daniel Scholtz:
– Cor-Louis van Biljon
– Jose Dias
– Rodney Robinson
– Bradley van Vuuren
– Chandre van den Berg
– Desmond van Rooyen
FOTO HEEL BO:
Agter: Mnr Daniel Scholtz (afrigter); Chandre van den Berg; Jose Dias; Desmond van Rooyen
Voor: Bradley van Vuuren; Rodney Robinson; Cor-Louis van Biljon
FOTO verskaf: Monique Naude