Baie geluk aan die eerste hokkiespan van Hoërskool Bastion in Krugersdorp, wat Saterdag as die 2017 ligawenners aangekondig is! Hulle het teen Hoërskool Riebeeckrand te staan gekom, en het 2-1 gewen.
Die 0/16’s het ongelukkig hulle wedstryd verloor, maar beide spanne gaan in Augustus 2017 aan die Noordvaal-toernooi deelneem.
“Ons is baie trots op albei hierdie spanne. Hulle het so hard gewerk tydens die seisoen en hulle harde werk word nou beloon,” het Me Annie de Wit, hokkie-organiseerder by Bastion. gesê.
Foto heel bo:
Bastion se eerste hokkiespan, Afrigter: Me Retha van der Walt, Spanbestuurder: Me Zannerie Marree
(Fotos: Verskaf)
(Artikel: Monique Naude)