Hoërskool Aliwal-Noord 1ste Tennisspan
Op Woensdag, 5 Februarie, het Hoërskool Aliwal-Noord se O.14 tennisspan Country Districts Tennisproewe plaasgevind. Twee van Alies se seuns, Divan Vorster en Bjorn Stephenson is gekies vir hierdie span. Baie geluk, manne!
Op Maandag, 10 Februarie, het Alies se eerste tennisspan die Blikkies aangedurf. Die seuns het van die begin af gewys dat hulle nie gaan toelaat dat die Blikkies oor hulle loop nie. Alies se seuns-tennisspelers het slegs 1 wedstryd afgestaan. Alhoewel die meisies gesukkel het in hulle enkels en dubbels, het hulle hul staal gewys in die gemengde dubbels en Alies wen 3 van die 4 wedstryde!
Alies wen hierdie wedstryd 11-8. Baie geluk Aliesspan. Een Interskole beker is al klaar waar hy hoort – in Alieland!