Hoërskool Aliwal Noord spog met ‘n nuwe Adjunkhoof. Meneer Jan Makkink het sy kinderdae in die Transvaal spandeer en voltooi sy skoolloopbaan aan Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen. Hy het van kindsbeen af geweet onderwys vloei in sy are en hy het sy onderwysdroom verwesenlik toe hy by NKP in Petoria keuring vir onderwys gekry het. Meneer Makkink is gestewel en gespoor om sy rol as Adjunkhoof te vervul en meen dat as mens nie bereid is om ander te dien nie, is mens nie in staat om hul te lei nie. Hy het ‘n groot liefde vir tale en gaan voortaan Afrikaans as vak by ANHS aanbied.
Die lewe is ‘n lied, jy moet net die wysie ken!
Goedheid, guns en genade in oorvloed!
Gestewel en gespoor.