Hoërskool Aliwal-Noord. Sjoe, wat ‘n week! Dit was die gedagtes van elke persoon, jonk en oud by Hoërskool Aliwal-Noord gedurende hierdie eerste week.
Die jaar het afgeskop met ‘n lieflike boodskap van die skoolhoof, Mnr Charles van Rooyen, waarin hy die personeel met ‘n geestelike en inspirerende boodskap ‘n “WOW” jaar toegewens het. Vergaderings is gehou en klaskamers is geskrop om alles in orde te kry vir die nuwe skooljaar.
Dinsdag is die leerders terug verwelkom om hul handboeke te kom afhaal, en die onderwysers het dit geniet om al die gesiggies weer te aanskou!!
Wednesday was also a day filled with smiles and laughter while the old and new learners were welcomed back officially. Ds Vermaak also gave a special message to the teachers, learners and their families involved in ANHS.
Mnr van Rooyen het ook ‘n spesiale boodskap vir elk van die graadgroepe gehad soos hy hulle ingeroep het en hulle ook ‘n “WOW” jaar toegewens.
Thursday, all learners knew…it was on. Academics and sport started despite the heat and extreme schedule. Everything was also done with the heart of a buffalo, as we know no other way.
Hierdie jaar gaan vir ANHS ‘n absolute “WOW” jaar wees, met God wat ons die rigting wys, ons ongelooflike personeel en alle leerders en hul families wat ons so na aan die hart lê.
Audentio ito – Boldly onwards
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf