)

Hoërskool Aliwal Noord se top 5 atlete oppad Paarl toe

Ses van Hoërskool Aliwal Noord se top atlete het Saterdag 13 Maart aan die ASA Vrystaatsub- en jeugkampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem.

Die weer het goed saamgespeel en het uitstekende uitslae vir die dag opgelewer.

Ten spyte van die feit dat die atlete meer as ‘n jaar laas aan ‘n kompetisie meegeding het, het hul steeds baie goed gevaar.

Monique Weitsz

Hulle het die volgende prestasies behaal. Monique Weitsz behaal ‘n 1ste plek vir die dogters o/18 5000m Stap in ‘n tyd van 30:115.85. Francois van Niekerk behaal ‘n eerste plek vir sy hoogspring seuns 0/16 met ‘n wen hoogte van 1.77m. Catherine van Aardt, dogters o/16 behaal ‘n tweede plek vir die 3000m in ‘n tyd van 11:34.00. Sy behaal ook ‘n sesde plek vir haar 1500m met ‘n tyd van 5:36,90. Marlinka Zurich behaal ‘n tweede plek vir dogters o/16 vir spiesgooi met ‘n afstand van 36.37m. Robert Orrock behaal ‘n 3de plek vir die seuns o/18 3000m met ‘n tyd van 09:24.41. Ethan Du Plessis, seuns o/16, neem deel aan die 100m en 200m, en behaal ‘n derde plek in sy uitdun vir die 200m met ‘n tyd van 23,36 s.

Allies wens die volgende atlete, Robert Orrock, Monique Weitsz, Francois van Niekerk, Marlinka Zurich en Catherine van Aardt geluk wat gekies is om van 7 tot 10 April aan die ASA Nasionale Kampioenskappe in die Paarl te gaan deelneem.

Baie geluk met julle prestasies!

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal