Alies se skietspan het op Saterdag 27 Maart aan die eerste Prysskietkompetisie in Bloemfontein deelgeneem en baie goedgevaar.
Izelle van Vuuren het ‘n 2de plek in die 0/14 afdeling behaal met ‘n puntetotaal van 777. Sy verdien ‘n medalje vir hierdie plek en het selfs beter as van die seniors geskiet.
Alies se ander skuts het ook baie goedgevaar. William Muir neem deel in die 0/21 afdeling en behaal ‘n 14de plek met 735 punte. Johane Malan neem deel in die 0/16 afdeling en behaal ‘n 32ste plek met 671 punte. Gary Marx van Laerskool Aliwal-Noord behaal ‘n 5de plek in die 0/14 afdeling met 344 punte.
Baie geluk aan al die skuts.
Allies hou julle dop met die volgende kompetisies wat voorlê.
Foto’s verskaf