Sewe van ANHS se top atlete het die skool en hul provinsie verteenwoordig by die ASA Nasionale Kampioenskappe in Paarl vanaf 8-11 April. Atlete van regoor die land het hul onderskeie provinsies verteenwoordig en meegeding vir die titel van beste in die land! Alies se atlete het goed gevaar tussen die bestes in die land en hulle kan baie trots wees op hul prestasies.
Monique Weitsz (dogters o/18) behaal ‘n 3de plek vir haar 5000m Stap item met ‘n pragtyd van 27:52.68s, wat ook haar persoonlike beste is vir die item.
Robert Orrock (seuns o/18) behaal ‘n 4de plek vir sy 2000m hindernis wedren met ‘n tyd van 6:23.28s. Francois van Niekerk (seuns o/16) behaal ‘n 6de plek vir Hoogspring. Catherine van Aardt (dogters o/16) behaal ‘n 12de plek vir haar 3000m met ‘n tyd van 11:43.77s. Marlinka Zurich (dogters o/16) behaal ‘n 14de plek vir Spiesgooi ook met ‘n persoonlike beste afstand van 38.20m. Ethan Du Plessis (seuns o/18) en ChesnePharo (dogters o/19) behaal ‘n 5de en 7de plek onderskeidelik in hul uitdun rondtes vir die 100m. Ethan behaal ook ‘n 6de plek vir die 200m in sy uitdun rondte.
Welgedaan Alies!
Foto’s verskaf