)

Hoërskool Aliwal Noord se Prag Atlete skitter in Paarl

Sewe van ANHS se top atlete het die skool en hul provinsie verteenwoordig by die ASA Nasionale Kampioenskappe in Paarl vanaf 8-11 April. Atlete van regoor die land het hul onderskeie provinsies verteenwoordig en meegeding vir die titel van beste in die land! Alies se atlete het goed gevaar tussen die bestes in die land en hulle kan baie trots wees op hul prestasies.

Monique Weitsz (dogters o/18) behaal ‘n 3de plek vir haar 5000m Stap item met ‘n pragtyd van 27:52.68s, wat ook haar persoonlike beste is vir die item.

Robert Orrock (seuns o/18) behaal ‘n 4de plek vir sy 2000m hindernis wedren met ‘n tyd van 6:23.28s. Francois van Niekerk (seuns o/16) behaal ‘n 6de plek vir Hoogspring. Catherine van Aardt (dogters o/16) behaal ‘n 12de plek vir haar 3000m met ‘n tyd van 11:43.77s. Marlinka Zurich (dogters o/16) behaal ‘n 14de plek vir Spiesgooi ook met ‘n persoonlike beste afstand van 38.20m. Ethan Du Plessis (seuns o/18) en ChesnePharo (dogters o/19) behaal ‘n 5de en 7de plek onderskeidelik in hul uitdun rondtes vir die 100m. Ethan behaal ook ‘n 6de plek vir die 200m in sy uitdun rondte.

Welgedaan Alies!

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal