Foto: Izelle van Vuuren
Schools That Rock berig oor Hoërskool Aliwal Noord se skuts.
Izelle van Vuuren vlamwarm skut eerste in Suid-Afrika o/14!
Izelle is beslis ‘n skut om dop te hou. Deur die bank het Izelle eerste plekke behaal en dus plaas sy eerste op die o/14 skietranglys van 142 skuts in Suid-Afrika. Alies is baie trots op jou, Izelle!
Alies se Skietspan moes in die grendeltydperk nuwe maniere bedink om hul gunsteling sport te kon beoefen in 2021. As gevolg van die nuwe Covid regulasies kon die skuts nie verder na Bloemfontein reis om daar teen ander skole mee te ding nie. Gelukkig beskik die skool aan wonderlike skietfasiliteite en kon die 4 skuts sommer op eie bodem deelneem.
Prysskiet 3, 4 en 5 het plaasgevind en Alies se skuts het baie goed gevaar.
Prysskiet 3 het plaasgevind op Donderdag 27 Mei. Die uitslae van daardie skiet was as volg:
In die 0/14 Afdeling, met 44 skuts, behaal Izelle van Vuuren ‘n 1ste plek met 816 punte. Sy behaal ‘n goue medalje.
Gary Marx behaal ‘n 6de plek met 744 punte.
Johane Malan neem deel saam met 49 ander skuts aan die 0/16 afdeling en behaal ‘n 19de plek met 751 punte.
William Muir skiet in die 0/21 afdeling saam met 17 skuts en behaal ‘n 14de plek met 777 punte.
Prysskiet 4 het plaasgevind op 3 Junie in baie ysige weer, maar dit het nie ons skuts se moed gedemp nie.
Izelle van Vuuren en Gary Marx skiet in die 0/14 afdeling saam met 39 ander skuts. Izelle behaal ‘n 3de plek met 796 punte en Gary ‘n 9de plek met 760 punte.
Johane Malan behaal ‘n 34ste plek tussen 48 skuts met 694 punte.
William Muir skiet in die 0/21 afdeling en behaal ‘n 13de met 783 punte.
Die laaste Prysskiet 5 kompetisie het plaasgevind op Vrydag 25 Junie. Weereens het Alies se skuts uitstekend gevaar.
Die 0/14 Skuts was in totaal 42 wat deelgeneem het. Izelle van Vuuren skop weer stof in die ander se oë en behaal ‘n 1ste plek en ‘n goue medalje met 858 punte. Gary Marx behaal ‘n 10de plek met 735.
Johane Malan behaal ‘n 29ste plek met 695 punte in die 0/16 afdeling en William Muir ‘n 11de plek met 804 punte in die 0/21 afdeling.
Izelle van Vuuren is die enigste 0/14 skut wat medaljes in al 5 Prysskietkompetisies gewen het.
Baie geluk aan al 4 skuts van Hoërskool Aliwal-Noord met wonderlike uitslae dié seisoen. Alies sien uit na die res.
Dankie ook aan elke ouer en veral aan Oom At van Jaarsveld wat elke keer beskikbaar was as die skuts wou oefen.
Meer oor Hoërskool Aliwal-Noord:
https://schoolsthatrock.co.za/category/eastern-cape/eastern-cape-sports/
http://www.aliwalhighschool.co.za