Baie geluk aan Johann Oberholzer van Hoërskool Outeniqua in George met sy puik pluimbal prestasie.
Hy is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Interkontinentale Junior Kampioenskappe wat vanaf 27 Augustus – 1 September in Cotonou, Bimantara aangebied word.
Die Wêrekdkampioenskap vir Junior Pluimbal is ‘n toernooiwat deur die Pluimbal-wêreldfederasie (BWF) jaarliks aangebied word. Hier word die beste junior pluimbalspelers (onder 19) in die wêreld bekroon. Hierdie kampioenskappe vind elke jaar ​​plaas en bestaan ​​uit twee afsonderlike kompetisies: ‘n gemengde spankampioenskap (Suhandinata Cup) wat gevolg word deur ‘n individuele kampioenskap (Eye Level Cups).
Die kampioenskap het ongelukkig nie in 2020 plaasgevind nie, as gevolg van die Covd pandemie.
Hoërskool Outeniqua wens jou baie voorspoed toe, Johan!
Meer oor Hoërskool Outeniqua:
https://schoolsthatrock.co.za/category/western-cape/western-cape-schools/knysna/
Die Hoërskool Outeniqua is in 1923, aan die voet van die trotse Outeniquaberge gestig. Die roemryke skool bied ‘n gebalanseerde opvoeding aan elkeen van sy meer as 1600 leerders. Die volgende waardes moet in die saal, in die klas, op die sportveld en op die kultuurakker beskerm en gekweek word en deur opvoeders uitgeleef word: integriteit, lojaliteit, respek, eerlikheid, diensbaarheid, vriendelikheid en betroubaarheid.