Senior Redenaar-wenners
Alieland se Interne Redenaarskompetisie is altyd ‘n hoogtepunt op die kalender. Daar word weke lank voorberei en geoefen. Dit is ‘n groot saak om voor ‘n gehoor te staan en jou mening te lig. En het die Alies hulle nie goed van hul taak gekwyt nie!
In die Juniorafdeling was Minay Cloete derde, Marnus Snyman tweede en Jana Schoeman eerste – aldrie met uitstekende toesprake.
By die seniors was die kompetisie straf en was die beoordelaars se taak baie moeilik. Uiteindelik was Jody Verwey derde, Simthandile Ndulula tweede en Shiri Wiessie as beste ANHS Redenaar van 2020 aangewys.
ANHS bedank graag die beoordelaars, mnr. Charles van Rooyen, juffrou Jana Venter en juffrou Cara Roussouw.
Die kultuurbestuur van die skool, onder leiding van Shiri Wiessie, word ook hartlik bedank vir al hul moeite om die aand te reël.