Hoërskool Aliwal-Noord. Ontmoet die nuwe personeel in Alieland! Die nuwe gesiggies wat by Hoërskool Aliwal-Noord rondloop het hul eerste week oorleef. Hulle het ‘n paar vrae beantwoord sodat almal hulle beter kan leer ken.
Die vrae was as volg:
- 1. Naam en van
- 2. Waar is jy gebore?
- 3. Waar het jy gematrikuleer?
- 4. Wat en waar het jy studeer?
- 5. Wat is jou gunsteling roomys?
- 6. Glo jy in spoke?
- 7. As jy kon kies, watter dier sou jy wou wees en hoekom?
- 8. Hoe was jou eerste week as deel van die Alie-familie?
Anica Pretorius – Studente onderwyser by Me Aniéke Ferreira
- 1.Anica Pretorius
- 2.Ek is gebore in Aliwal-Noord
- 3.Hoërskool Aliwal-Noord
- 4.Ek gaan deur die Universiteit van Potchefstroom se langafstand-eenheid onderwys studeer.
- 5.Magnum se White Almond.
- 6.Nee glad nie.
- 7.’n Kat, want ‘n kat is liefdevol en mag net heeldag lê en eet.
- 8.Dit was lekker besig maar ek geniet dit hier!
Angelique Leeuskieter – Studente onderwyser by Me Jana Venter
- 1. Angelique Elizabeth Leeuskieter
- 2. Queenstown
- 3. Hoërskool Aliwal-Noord.
- 4. Rekeningkunde studeer by Kovsies.
- 5. Magnum Mint roomys.
- 6. Ek glo in spoke.
- 8. Ek sou n walvis wil wees, want hulle is een van die grootste seediere maar tog kies hulle wanneer hulle gesien wil word.
- 7. My eerste week was uitdagend, nostalgies en opwindend!
Micaela Plaatjies – Studente onderwyser by Me Petro Makkink
- 1.Micaela Plaatjies
- 2.Bloemfontein, Rosepark
- 3.Aliwal North High School
- 4.Culinary Arts. Olive Chef School, Bloemfontein
- 5.Chocolate Ice-cream
- 6.Yes, I believe in Ghosts
- 7.An Angler Fish. Reason: they live under extremely high pressures, in the deep-ocean and only the Female Anglerfish are bioluminescent. I feel like us females go through a lot but one thing about us we will always get back up from hardships and we will continue shining our light no matter what.
- 8.My First week with my Alie-Family was a heart-warming experience, everyone was so welcoming. It is truly a blessing to be a part of the Alie-Family
Maronel Bernardo – Rekenaartoepassingstegnologie vir grade 10 tot 12
- 1.Maronel Barnardo
- 2.Ek is in Queenstown gebore.
- 3.Ek het by Hoërskool Hangklip gematrikuleer.
- 4.Ek het B.Ed Senior en VOO fase studeer by die Puk.
- 5.My gunsteling roomys is ‘n White Almond Magnum.
- 6.Ek glo nie in spoke nie.
- 7.Die dier wat ek sou wou wees is ‘n olifant, omrede hulle sterk en goeie leiers is. Olifante bly gewoonlik in klein groepies, maar hulle is uiters lojaal teenoor diegene rondom hulle.
- 8.My eerste week as deel van die Alie-familie was aan die begin bietjie van ‘n uitdaging om my voete te vind, maar ek geniet dit elke dag net meer en meer.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf