Alies se eerste Krieketspan het op 22 Januarie teen Hoërskool Hangklip gespeel in ‘n tuiswedstreid. Alies het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die manne het goed begin maar het ongelukkig te vinnig te veel paaltjies verloor en is uitgehaal vir slegs 104 lopies.
Hoërskool Aliwal-Noord se beste kolwers op die dag was Tsepiso Labane met 30 lopies.Hy is goed ondersteun deur Hencu Vorster (9 lopies) en Logan Geldenhuys (7 lopies nie uit nie*)
Dit was Hangklip se beurt om te kolf en hulle het met die wegspring goed gekolf en die lopies wat hul benodig behaal met nog twee balle oor om die wedstryd te beklink met drie paaltjies. Alies se boulers het op die dag glad nie sleg gevaar nie maar was baie ongelukkig om nie meer paaltjies te kon kry nie. Die beste boulers was Nico Coertze met 1 paaltjie vir 17 lopies in 4 beurte, Harm Marx met 2 vir 14 in 3.4 beurte en Logan Geldenhuys met 2 vir 24 in sy 4 beurte.
Baie geluk aan Hangklip met die oorwinning. Alies sien uit na die volgende kragmeting.