)

Hoërskool Aliwal-Noord Krieket

Nico Coertze van ANHS wat 100 lopies behaal het kon die bal hou as beloning.

Op Maandag, 27 Januarie, het Hoërskool Aliwal- Noord se 1ste Krieketspan teen Queens se tweede span in ‘n 20/20 wedstryd gespeel. Aliwal kolf eerste en bereik ‘n totaal van 105 vir die verlies van 4 paaltjies. Aliwal se beste kolwers op die dag was Wium Smit wat 43 lopies aangeteken het. Hy is goed ondersteun deur Hencu Vorster en Harm Marx.

In Queens se kolfbeurt behaal hulle die wen-lopies met die verlies van 5 paaltjies in 18.3 beurte. Alhoewel ANHS nie die wedstryd gewen het nie, het hul seuns baie geleer en hard baklei tot die einde toe.

Aliwal se beste boulers op die dag was Logan Geldenhuys wat 2 paaltjies plat getrek het. Aliwal het ongelukkig met 5 paaltjies verloor.

Baie geluk aan die Queens-manne met die oorwinning. Aliwal sien hulle weer die 18de Februarie by Queens.

Hoërskool Aliwal-Noord het ook op Dinsdag, 28 Januarie teen Burgersdorp krieket gespeel en die manne het baie goed gekolf.

ANHS wen die loot en kolf eerste en behaal 215 lopies vir 4 paaltjies in hul 25 beurte. Aliwal se kaptein en aanvangskolwer, Nico Coertze, bereik sy eerste 100-tal en  Tsepiso Labane mis net-net sy 50-tal met ‘n beurt van 45 lopies. Harm Marx het hom ook goed van sy taak gekwyt met 13 lopies nie uit nie.

Burgersdorp kolf 2de en kry 162 vir die verlies van 4 paaltjies na 25 beurte. Die boulers wat kon deurbrake maak was Logan Geldenhuys met 2 paaltjies, Harm Marx en Tiaan Nagel het elk 1 paaltjie geneem.

Baie geluk aan die spelers van Aliwal-Noord met die mooi uitslag!

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby. Pearson High School, Gqeberha, proudly congratulates three of its rugby players on their selection to the EP U18 youth teams. These boys will represent their province…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal