Aiden Visagie, Darius Johnson en CJ Jacoby
Drie van Hoërskool Adamantia in Kimberley se karatekas, Aiden Visagie, Darius Johnson en CJ Jacoby het Saterdag, 9 Mei, aan die Zanshin E-toernooi deelgeneem. Die studente moes videos van hul katas per whatsapp stuur en dit is dan deur 5 instrukteurs/beoordelaars beoordeel. Dit was die 1ste toernooi van sy soort in Suid-Afrika.
Aiden Visagie het 1ste plek behaal en CJ Jacoby 2de plek vir seuns 16 jaar wit tot pers belt.
Darius Jacobsohn het 2de plek behaal vir seuns 14 – 15 jaar wit tot pers belt.
Baie geluk! Addies is baie trots op elkeen van hierdie seuns.