Katrien van Eeden van Hoër Meisieskool Paarl, (Gr.10) het die afgelope vakansie deelgeneem aan die WP Saalperdkampioenskappe by die Robertson skou. Sy het die volgende plekke behaal in die verskillende kategorieë:
1e plek: Driegang Plesierperd – Ruiter 18 jaar en onder
2e plek: Vyfgang Plesierperd – Ruiter 18 jaar en onder
2e plek: Driegang Ruiterkuns – Ruiter 18 jaar en onder
2e plek: Vyfgang Ruiterkuns – Ruiter 18 jaar en onder
Sy en haar perd, Pinnacle Point, is ook die WP Reserwe Groot Kampioen Plesierperd.
Baie geluk met hierdie puik prestasie!