)

Hoër Meisieskool Oranje: Skoolgaan by die huis

Die voordele van skoolgaan by die huis is legio.
Laat slaap, gewone klere dra, lesse wat gestuur word wat jy in die gemak van jou bed of onder ’n kombers kyk, badkamer toe te gaan sonder om eers toestemming hoef te vra, nie vir pouse te wag om te eet nie en die lys gaan aan.
Maar tog as ’n mens na Oranje se gr. 10’s luister wat rekeningkunde neem, weeg dié voordele maar lig op teenoor die verlange van skoolgaan in sy tradisionele vorm.
Hulle onnie, juf. Ilse Olivier, het oor hul welstand uitgevra en of hulle skool mis.
Die oorgrote meerderheid het ingestem hulle mis inderdaad skoolgaan, maar in besonder hulle vriende, sportdeelname en ‘n roetine. Die enkeles wat gesê het hulle mis nie skoolgaan nie, het vermeld dat hulle wel na hulle vriendinne verlang.
“Ek het nie besef hoe baie ek oor almal omgee nie en as ek geweet het hoe dinge sou uitdraai, sou ek meer dankbaar wees oor elke oomblik van skool,” het een gr. 10 geskryf.
Een leerder het gesê die inperking het haar geleer van vasbyt en om huiswerk te doen al kyk niemand of dit gedoen word nie.
“Ek mis die skool vrek baie, ek al my vriendinne en die dinge wat jy net by Oranje kan ervaar,” sê ’n ander.
Volgens een van die dogters verlang sy na klasse bywoon, vriendinne, pouses, saalperiodes, die lekker herinneringe wat geskep sou word en honderde meisiestemme wat die skoollied sing.
“Ek mis die gelag in die gange en kuier pouses. En ek mis tot al die onderwysers en hulle skoolgrappies. Dit het my eintlik baie gelukkig gemaak, al het ek dit nie agtergekom nie,” het ‘n gr. 10-dogter gesê.
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal