Op die foto, wat twee jaar gelede by Spies se aftreeoord in die Strand geneem is, is drie van Oranje se laaste vyf skoolhoofde. Van links is juff. Anne-Marie Klink (vanaf 2018), Mariehetta Matthee (1993 tot 2017) en Spies (1962 tot 1982).
Magriet Spies, beter bekensd as ML (Margaretha Lategan), vier vandag haar 104de verjaardag.
Die geliefde Spies, wat 42 jaar lank by Oranje skool gehou het en vir 21 jaar skoolhoof was, geniet steeds legendariese status. Oranje se skoolsaal is in 2010 na die ML Spies-saal hernoem.
Sy woon in die Altena-Aftree-oord in die Strand waar sy die bynaam van “hoofmeisie” gehad het as gevolg van haar betrokkenheid by die oord se fonds-insamelings.
ML het ses maande gelede ‘n beroerte gehad wat haar spraak aangetas het. Sy is tans bedlêend in die siekeboeg van die aftree-oord.
Haar oud-leerders onthou nog elke jaar haar verjaardag met oproepe en besoeke.