HET JY GEWEET?
Dat Oranje se eerste hokkiespan in 127 wedstryde tussen 2015 en 2017 nie ’n enkele keer verloor het nie.
Die onoorwonne tog is op die Super12-toernooi van 2017 deur Herschel Girls’ beëindig toe hulle vir Oranje met 1-0 geklop het. Dit was ook Oranje se eerste nederlaag in die vierde jaar van die Super12.
Dit was voorafgegaan deur nog ’n indrukwekkende 99 wedstryde wat tussen 2013 en 2015 verloop het waarin die Oranjeniete nie ’n enkele keer tot oorgawe gedwing kon word nie.
Op soek na wedstryd nr. 100 sonder ’n verloor, het Oranje egter sy rieme styfgeloop teen St. Stithians op die St. Mary’s hokkiefees. Die telling was ook 1-0.
In die volgende kragmeting op dié toernooi het die Bloemfonteinse meisies vir Waterkloof verslaan wat die begin van die 127 onoorwonne wedstryde was.