Vandag, vier jaar gelede, is Oranje vir ’n tweede agtereenvolgende jaar as die kampioen op die National Aquatics-byeenkoms in Pretoria gekroon.
Hulle was daarmee die nie-amptelike voorste swemskool vir meisies. Die skool se puntetotaal was 862 teenoor die Durban Girls’ High School in die tweede plek se 844. Die span van 29 swemmers het in die 24 aflosse vyf eerste plekke en 22 podiumplekke behaal. In die vier individuele nommers het Tailyn Seyffert en Sulinke van den Berg onderskeidelik in die 200 m-individuele wisselslag en 200 m-vryslag vir juniors geseëvier.
Oranje het in 2006 die eerste maal deelgeneem. Die meisies was in 2015 derde, 2018 tweede, 2019 derde en verlede jaar vierde!
Foto’s verskaf