)

Schools That Rock gesels met Melissa Erasmus

Schools That Rock het ‘n paar vrae aan Melissa Erasmus, Hoofmeisie van HoĆ«rskool Wolmararnsstad, gevra.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek moet eerlik sĆŖ Covid 19 het ‘n effense demper op my entoesiasme geplaas omdat die sport en aksies so afgeskaal is – ek is baie lief vir sport – maar ek sien steeds baie uit daarna om my vriende en vriendinne weer te sien en ons sal ons nie laat onderkry nie. Ons sal wel op ons unieke manier hierdie laaste jaar van ons op ‘n hoogtepunt afsluit. Ek sien ook uit om die nuwe gr 8’ s te ontvang en deel te maak van ons skool en tradisies.

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Ek sal graag die ou tradisies wil afstof en nuwe tradisies wil begin om ons skool nog meer uniek en spesiaal te maak. Ek sal ook graag die leerders meer betrokke wil maak op elke gebied van sport, kultuur en akademie.

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om Wollies hul keuse te maak, wat sal dit wees? Wollies is ‘n eg plattelandse skool met uitnemende waardes nl respek, lojaliteit, trots en integriteit. Ons skool se  dissipline is van hoĆ« gehalte en bied ons leerlinge alles waarna hul soek op akademiese, sport en kulturele vlak. Wollies is ook ‘n skool met die grootste verskeidenheid vakkeuses  en hoogs bekwame onderwysers wat omgee. So, gaan vul solank daai inskrywingsvorm in!

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Ek kan nie een uitsonder nie. Al die onderwysers is ‘n rolmodel op hulle unieke gebied en in hulle spesifieke vak, en met ‘n wonderlike hoof  soos mev Wasserman aan die stuur, gaan ons skool van krag tot krag.

Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Ek is baie lief vir alle soorte sport, veral atletiek, meisies krieket en netbal, maar as ek moet kies sal my gunsteling netbal wees. Ek geniet die aksie en die manier wat jy as span moet saamwerk om jou doel te bereik, en nie net op jouself aangewese te wees nie.

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Sushi ???? ek is baie lief vir seekos.

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek wil Biokinetika studeer na skool en na afloop van my kursus  my (NGOS) deur Unisa voltooi! Ek wil betrokke wees by sport-afrigting met ‘n agtergrond van sportbeserings en die reabilitasie daarvan.

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Ek sal graag by Potchefstroom Universiteit wil gaan studeer.

Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Doen alles wat julle doen 100%, neem aan alles deel. droom groot, vlieg hoog en maak ‘n verskil. 

Become a Sponsor
  • Related Posts

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Thought of the Week – Gedagte vir die Week

    Thought of the Week – Put on all the armor that God gives, so you can defend yourself against the devil’s tricks. Ephesians 6: 11, 12 Gedagte vir die Week…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal