Hoër Meisieskool Oranje se aantal vakonderskeidings in die 2020 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen het die 400-kerf verbygesteek.
Dít nadat nog 11 leerders ’n onderskeiding behaal het ná hulle vraestelle hernagesien is. Die aanvanklike 390 vakonderskeidings het na 401 toegeneem.
Charlize Oosthuizen het nou sewe onderskeidings nadat haar Afrikaans Huistaal 80% geword het. Sy het haar agtste een (79% in fisiese Wetenskap) net-net misgeloop.
Ná dese spog Hilda Olivier en Anke Matthee nou met ses onderskeidings elk, Kayla Janse van Rensburg met vyf en Tammy Cloete, Popi Senokoane en Ané Steenkamp met vier elk.
Become a Sponsor








