)

Hoër Meisieskool Oranje: Kapteinsbeurt – Grieta Brummer

1. Wat het jou op Oranje laat besluit? My ouma, Bettas Brümmer, was ’n oud-Oranje en het later by Le Rouxhuis gewerk (’n trofee by Oranje dra haar naam). Ek het daagliks as klein dogtertjie saam met haar werk toe gegaan en dadelik verlief geraak op die skool.
2. Wat geniet jy die meeste van Oranje? Ek geniet die geselskap van meisies wat my waardes deel en die goeie gesindhede van al die mense op die skoolgronde. ’n Mens kan daarop staatmaak jy sal ’n glimlag hier kry.
3. Hoe sal jy graag hier onthou wil word? Ek is nie vreeslik daarop gestel om as ’n individu onthou te word nie. Die enigste nalatenskap wat ek sal wil los, is die lesse van vriendelikheid, geduld en eerlikheid. Dis vir my belangriker as gewildheid.
4. Wie was jou skoolheld in gr. 8 en hoekom? Dit was (en is) mnr. Fourie (ek sê dit nie net om ekstra punte by hom te kry nie). Ek bewonder sy vriendelikheid en geduld elke dag. Hy is altyd bedagsaam en hulpvaardig.
5. Wat is jou belangstelling(s) buite skoolverband? Ek is mal oor drama, viool en klavier. Dit help my altyd om te ontspan.
6. Het jy ’n verskuilde talent(e)? Ek is baie goed in wiskunde (dit is so ’n verskuilde talent dat selfs ek nie eers daarvan weet nie) … so my verskuilde talent is sarkasme.
7. Is daar nog kultuur-uitblinkers in jou familie? My jongste broer speel verskriklik goed klavier en my ouer broer kitaar. Albei my ouers speel ook instrumente. My niggies is ook baie musikaal.
8. Is jy ’n introvert of ekstrovert? 100% ekstrovert. Ek is mal daaroor om in die teenwoordigheid van ander mense te wees. Veral as jy goeie geselskap het.
9. Wat frustreer of irriteer jou die meeste? Mense wat oneg (“fake”) is. Slegs vir die blote feit dat God ons elkeen uniek gemaak het en almal die kans het om dit uit te leef. Dit loop hand-aan-hand met eerlikheid, wat vir my verskriklik belangrik is.
10. Watter eienskap waardeer jy die meeste in mense? Opregtheid. Mense wat opreg is, is betroubaar. Ek waardeer ook mense met ’n goeie humorsin.
11. Saam met watter celeb het jy ’n foto? Hunter Kennedy, baskitaarspeler van Die Heuwels Fantasties en daai band wat ek nie mag noem sonder sensors nie.
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal