Christi Dempers van Hoër Meisieskool in Bloemfontein, is een van slegs 3 Vrystaatse matrieks wat 9 onderskeidings kon inryg. Sy is die enigste een wie se 9 A’s – in al haar vakke – nie een insluit in die onafhanklike eksamenraad nie. Harde werk en lang ure vertel die verhaal van Christi se sukses. Sy gaan vanjaar BCom (Rek) aan die Universiteit van Pretoria studeer waar haar ouer suster, Jana tans Inligtingstegnologie studeer. Jana is ook ‘n oud-leerder van Oranje.
Altesaam 19 matrieks in die Vrystaat kon 8 A’s vermag, waarvan 8 Oranjeniete is! Hulle is Ivanke van Jaarsveld, Celenté van Zyl, Jana Campbell, Sunique Boshoff, Katia Geustyn, Charlotte Doubell, Michelle Strydom en Carmi du Plessis.