Foto’s vlnr: Nécke Verster, Cara Smith en Roline wat onderskeidelik ’n 6de, 7de (x2) en 8ste plek op die SA’s vermag het
Drie Oranjeniete tel onder die voorste agt atlete in Suid-Afrika in hulle ouderdomsgroep se item. Een van hulle boonop in twee items.
Nécke Verster (6de, 400m vir o.16’s), Cara Smith (7de, 90m-hekkies en 300m-hekkies vir o.16’s) en Roline Louw (8ste, 400m vir o.18’s) het almal na die eindronde van die Nasionale o.16-, o.18- en o.20-atletiekkampioenskappe in die Paarl deurgedring. Al drie is boonop nog baie jonk vir hulle ouderdomsgroep waarin hulle meegeding het. Nécke is 13 jaar oud, Cara 14 en Roline 15.
Foto’s verskaf