)

Hoër Meisieskool Oranje aanlyn Opedag

Covid-19 het skole vanjaar gedwing om aan te pas en met nuwe idees vorendag te kom, soos om ’n opedag op ’n ander wyse aan te bied.

Die Hoër Meisieskool Oranje se opedag was vir einde April gereël, maar is deur die pandemie in die wiele gery wat die skool ander planne laat beraam het. Pleks van dit aflas, word dit nou aanlyn aangebied. Oranje se heel eerste aanlyn-opedag kan vanaf vandag 18 Junie by www.oranjemeisies.co.za/opedag besigtig word. Daar is 41video’s om na te kyk.

Volgens juf. Anne-Marie Klink, skoolhoof, het Covid-19 ander moontlikhede geskep.

“Tydens ’n opedag is daar dikwels soveel inligting om op een slag in te neem. Nou kan voornemende leerlinge rustig tuis na al die video’s kyk of na dié waarin hulle belangstel. Dit is ook ideaal vir diegene wat nie die opedag sou kon bywoon nie of wat in ander dorpe of stede woon.

“Met ons aanlyn-opedag wil ons ’n blik gee op dit wat die skool alles bied, wat ons uniek maak, soos ons tradisies en hoe dit hier lyk, danksy ’n terreintoer. Die video’s is almal bondig saamgevat en die toesprake kort.”

Volgens Klink is ’n klomp matriekleerlinge by die maak van die video’s betrek. “Dit was vir hulle ook spesiaal om by hierdie eerste vir die skool betrokke te wees in ’n jaar waar hulle van soveel geleenthede weens die pandemie ontneem is,” sê Klink.

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal