Die Hoër Landbouskool Oakdale het tydens die jaarlikse erkenningsgeleentheid aan 228 leerders erkenning gegee vir akademiese prestasie gedurende 2016 verwerf. Agri Expo het ? bedrag van R25 000 geskenk wat verdeel is onder een-en-dertig leerders vir uitsonderlike en verdienstelike prestasies.
Die Senior en Junior Dux-leerder vir 2016 was onderskeidelik Stander Terblanche in graad 12 en Hanro van Rooyen in graad 10.
Die 2016-hoofseun, Awie Botes, het die ambassadeursbeker ontvang en Zinedine Booysen is aangewys as die Sportman van die Jaar.
Een van die hoogtepunte van die aand was die oorhandiging van ? studiebeurs aan Nicolaas Basson deur die Universiteit van Stellenbosch toegeken vir ? voornemende 2017-student wat in die Landbouwetenskappe aan hierdie universiteit gaan studeer.
Die nuwe hoofleiers vir 2017 is ook aangekondig. Jan Hendrik van Wyk is as hoofseun aangewys, terwyl Erik Brand as adjunkhoofseun aangewys is. Jan Hendrik se Oupa, Joubert van Wyk, was in 1965 ook hoofseun van die Hoër Landbouskool Oakdale.