Schools That Rock berig oor Hoër Landbouskool Boland
Die Hoër Landbouskool Boland se matrieks is besig met kettingsaagopleiding. Ten spyte van die yskoue, grys weer geniet hulle hierdie opleiding in die buitelug. Plaaslewe is beslis ‘n voorreg.
Die Hoër Landbouskool Boland is een van die toonaangewende en leidende opvoedkundige instellings in die Wes-Kaap, waar die normale akademiese kurrikulum aangevul kan word met gespesialiseerde landbou-opleiding.
Ter ondersteuning van die onderrig- en opvoedingsprogram word ‘n gebalanseerde buite-kurrikulêre program van hoogstaande gehalte aangebied.
Die skool se visie is ‘n toonaangewende Hoër Landbouskool wat waardegedrewe opvoeding en professionele onderrig by uitnemendheid aan die kind bied – dit impliseer dat die omgewing se behoefte na gebalanseerde gemeenskapsleiers bevredig sal word deur die ontwikkeling van ons leerders se potensiaal deur middel van ons unieke onderrigomgewing.
Hier leer en leef ons om te lei.
#leerleeflei #hartenhand #bewaaronsbodem #broersviraltyd
https://schoolsthatrock.co.za/category/western-cape/western-cape-schools/paarl/