Hoër Landbouskool Boland van die Paarl se JLV-uitstappie was ongelooflik!
Die seuns was bevoorreg om oud-Bolander, Willie Dreyer (onderhoofseun 1980), se splinternuwe wynkelder (Leeuwenkuil) te besoek. Wynmaker, Pieter Carstens, was ‘n puik toerleier en kon die manne deurentyd geïnteresseerd hou met sy geweldige kennis en ervaring in die wynbedryf, maar ook met sy skerp humorsin en stories.
“Ons is trots op ons bure se visie en drome en sien uit daarna om nog baie by hulle te leer.”
#bewaaronsbodem#hartenhand#leerleeflei#broersviraltydLeeuwenkuil
Foto’s verskaf